Ditjies en Datjies

“Ditjies en Datjies” translates to “ tidbits” in English.

Here you will mostly find typical Afrikaner culture with regard to their approach to family and society.

 

Robbertze-Dag 1 Maart 2014

 

So Trots Op Die Pregnant Faerie

Blos Café is a little oasis

Blos Café; A Little Oasis

 

 

 

 

 

Blos Café is a little oasis of relaxation in the busy Lynnwood road. As soon as you turn onto the gravel road into the property, you leave behind the hustling traffic for a moment of decadent escapism. The little old thatch-roof house surrounded by a lush green lawn makes you think of a quaint farm setting. They have the perfect balance between sophisticated and casual, creating a space where you can eat like royalty, yet kick off your shoes and chill. Bring the kids along to enjoy the expansive lawn and play area, getting rid of all that pent-up energy while you relax in the restful space.

Opened in 2011 by Mareli Robbertze, building forth on her successful restaurant industry experience, Blos has become one of the most popular venues in town for a quick cuppa and cake or a gourmet light meal. When she found the property it only had an old dilapidated house and scarce grass surrounding it, but it was soon transformed into an artistic masterpiece. When you are sipping on your cappuccino request to see the “Blos Book” to discover the remarkable transformation of the property! Utilizing the space to its utmost you have a choice of sitting inside the stylish house or outside on the patio. You can also relax on the grass, at a table or request a picnic blanket to stretch out for a laid-back moment. Blos is geared to host special functions, while still being open to the general public. Inside the house you can choose between three different settings, with seating capacities ranging from 20 people to 50. Or if you prefer the outdoors vibe, a special marquee tent is available. After your meal, pop into the Sand art gallery and shop, with fascinating glass designed products such as vases and decorations. Another great add-on to the venue, is the outdoor pizza oven. A versatile venue that will cater to your every need, you walk away feeling refreshed and energized after a visit here!

*Please note: Blos café is a cashless environment

A few recommendations:

Breakfast – Mediterranean Magnolia – freshly baked croissant with scrambled eggs, topped with sun-driend tomato and olives, served with parmesan cheese; Lunch – Forget-me-nots – roosterkoek-bobotie burger served with roasted potatoes; Gourmet pizza – Blue Pear – gorgonzola, pear, red pepper marmalade, walnuts and rocket; Dessert – bake cheese cake with a pomegranate topping (by far one of the best cheese cakes in town)

Spacious and Well-coming

Spacious and Well-coming

 

 

 

 

As Gatskuur n Siekte Was !

OUPA KOOS SE GROENMANNETJIE

The stories in the Afrikaans idiom are all original and told by “Oom Koos Prinsloo”, demonstrating the keen observation, relationship and co-dependence of the Boer on nature, to teach important lessons of behavioral morality in general.

Die vere maak nie die Voël nie

Groenmannetjie besluit om vir ‘n wandeling te gaan.  Hy neem sy wandelstok en kies koers  na ‘n gedeelte van die Bos wat baie dig begroei is met groot bome waar die sonstrale omtrent nooit skyn nie.  ‘n Baie snaakse voël wat lyk soos ‘n tarentaal, maar tog nie een is nie, het vir ‘n paar oomblikke in die skadu onder ‘n boom verskyn.  Groenmannetjie het glad nie geweet dat daar so ‘n voël bestaan nie en besluit dat hy navraag daaroor gaan doen totdat die geheim opgelos is.

‘n Ander bosbewoner wat graag in die donker hoekies woon, is Bosbok.  Hy weet wat daar diep in die woud aangaan en die verhale word van pa na seun oorvertel tot vandag.  Bosbok weet  nie eers meer die hoeveelste bok hy is wat Bosbok genoem word nie.

Bosbok belowe dat hy die legende van die vreemde tarentaal-soort aan Groenmannetjie sal vertel.  Hulle ontspan onder ‘n baie groot wildevyboom, terwyl Bosbok begin vertel van die tarentale.  Bankrot, so genoem omdat hy gedurig roep: Bankrot! Bankrot! Bankrot!, was die leier van die swerm tarentale.

Bankrot is ‘n grys voel met wit spikkels oor sy hele lyf.  Op sy kop groei ‘n horing wat baie lyk soos die van ‘n renoster , hulle kan ook baie raas, veral as hulle skrik.  Hulle broei in die vroeë somer in lang gras en loop dan twee-twee, in pare rond.

In die winter vorm tarentale groot swerms.  Hulle leef van insekte, sade en klein plantbolletjies wat uit los grond geskop word.

Die jong mannetjies is gedurig met kamma-tweegevegte besig, terwyl die wyfies die gepronk stil dophou.  Omdat hulle selde in die bosse kom en die oop grasvlaktes verkies, is hulle aan baie gevare blootgestel.

Jakkalse en wilde katte kan die meeste pla.  Snags kan hulle nie mooi sien nie en as hulle dan op die grond slaap, kan die jakkalse wat daar rond snuffel en die tarentaal se reuk kry, vir hom ‘n heerlike maatlyd vang.

Om hulleself te probeer beskerm, slaap die tarentale liewer in hoë bome en beweeg bedags in swerms om mekaar makliker te waarsku as gevaar op hulle wil toesak.

Katte kan wel boomklim, maar skrik gewoonlik wanneer die tarentale in die stil nag hulle benoude waarskuwings uiter.

Een van die jong mannetjies met die naam van Agie, het gedurig probleme gehad.  Soos sy naam aandui, het sy nuuskierigheid hom meer as een keer in die sop laat beland.  Hy was nie net nuuskierig nie, maar was ook ‘n regte waaghals, wat gedurig op soek was na avontuur.

Eendag kom hy op ‘n luislang af wat doodstil onder ‘n boom gelê het.  Vir Agie het dit gelyk of die slang dood is.  Hy stap nader om ondersoek te gaan instel.  Die slang lyk leweloos en Agie trap toe ook sommer op sy kop.  Soos blits probeer die slang om Agie krul om hom dood te druk.  Gelukkig vir Agie is hy ‘n baie rats voël want, behalwe vir ‘n paar stertvere wat hy verloor het, het hy heelhuis daaarvan afgekom.

Van daardie dag af het Agie draaie om ‘n slang geloop, maar hy was nog net so nuuskierig soos altyd.

Soms gebeur dit dat wilde katte helder oor dag probeer om van die tarentale te vang, veral die jong voëls wat nog nie kan vlieg nie.  Agie merk ‘n kat wat daar rond sluip en omdat hy goed kon vlieg, besluit hy om die kat te gaan terg.  Hy het hom misreken want die kat was honger en het besluit om vir Agie te jag.  Gou was Agie baie moeg en slaag net daarin om in ‘n bos te vlieg.  Die kat begin in die boom klim.  Hoe nader die kat aan Agie kom, hoe verder skuif hy weg op die dun tak waarop hy sit.  Die oomblik toe die kat hom wou bespring, verloor hy sy balans en val van die tak  af. Amper was dit klaarpraat met Agie.

‘n Breëkoparend sirkel hoog in die lug op soek na ‘n prooi tussen die gras.  Die tarentale sien hom, gee elkeen ‘n waarskuwingsroep en kruip vining in die gras weg.  Agie steur hom nie aan die gevaar nie en verwonder hom aan die arend wat so hoog kan vlieg.

Skielik duik die arend met sy wrede kloue gereed om te gryp  op Agie af. Amper te laat koets Agie agter ‘n klip in, maar hierdie keer doen hy ‘n wond aan een van sy vlerke op.

Omdat dit gevaarlik is op die oop vlakte besluit Agie om te gaan kyk hoe dit dieper in die bos lyk.  Die hoë bome, dig opmekaar , en die digte blarekleed vorm ‘n donker, vreemde wêreld vir Agie.  Hy weet glad nie watter soort vreemde vyand hy te wagte kan wees nie en ook nie watter soort kos daar te ete is nie.  Die roofdiere in die bos is vir hom onbekend.

Agie sien ‘n gevaarlike luiperd vir die eerste keer in sy lewe.  Hy besluit om nie iets onverantwoordeliks in die vreemde aan te vang nie.

Stadig maar seker begin hy aan bobbejane en luiperds gewoond raak en in die mooi maar vreemde omgewing begin Agie dit te geniet.

Agie het later eensaam geword in die vreemde, hy besluit om vir hom ‘n wyfie uit die swerm te gaan haal en dan saam met haar diep in die bos te gaan woon.  Hy raak betrokke in ‘n tweegeveg met ‘n ander mannetjie maar sy ondervinding wa thy in die bos opgedoen het, help hom om ‘n oorwinning te behaal.

‘n Pragtige wyfie het besluit om saam met hom in die vreemde te gaan woon.  Gou het hulle ‘n kol in die bos ontdek waar genoeg gras groei om ‘n nes te maak. Terwyl sy wyfie broei het hy bedags die wêreld naby die nes verken en snags in die boom naby die nes wag gehou.  As daar die geringste roering plaasvind, het hy luidkeels sy wyfie gewaarsku dat  daar iewers ‘n gevaar dreig.

Baie dooie boomstompe lê in die bos rond.  Een van die stompe was hol, en daar het Ratel sy woonplek gemaak.  Ratel het die snaakse gewoonte dat, as hy aan iets byt, dan byt hy vir lewe en dood en laat nie los nie.  Om uit sy kake te kom as hy eers vasgebyt het, is baie moeilik.  Agie kyk in die hol stomp in en merk ‘n paar krieke om te vang.  Versigtig kruip hy in die stam in, onbewus van Ratel wat waghou oor sy kleintjies.

Ratel dink dit is gevaar, spring vorentoe en hap in die half donker na die indringer.  Hy voel dat hy iets raak gehap het en byt vas.  Die horing op Agie se kop het in die slag gebly.  Dit kraak en breek en bloed vloei daaruit.  Agie probeer hom losruk, maar verniet, los wil Ratel nie.  Agie begin al in die rondte draai.  Die horing breek stomp op sy kop af.  Hy vlug so vinniog as moontlik daar weg.  Sy vere is besmeer met nat, vrot hout.

Na ‘n paar weke het hy van sy wonde herstel, die horing het nie weer terug gegroei nie, maar wonder bo wonder, in die plek daarvan het ‘n kuif van krullerige vere gegroei.  Sy vere se kleur was byna swart en sy oe het so rooi en bloedbelope gebly.

Agie besluit om permanent in die donker bos te bly, want hy was skaam vir sy maats, omdat hy nou so anders as hulle gelyk het.  Hy het ‘n mooi nes gebou en sy wyfie het op ‘n hele broeisel eiers gesit.  Toe die kuikens uitkom en vol vere was, het hulle net soos hulle pa gelyk, rooi oe, amper swart en ‘n fraai kuif op die kop.

Die kuikens was ook net so skaam soos Agie, hulle het net soos hulle pa diep in die bos gewoon en word baie selde gesien.  Tot vandag toe lyk hulle nageslag soos Agie en leef hulle in afsondering. Die mense noem hulle vandag Kuifkoptarentale

Die Kool Is Die Sous Nie Werd Nie

Omdat Groenmannetjie vir jare tussen die wilde diere woon, kon hy baie verhale vertel van diere en hul doen en late.  Een so ‘n verhaal is die van Jagluiperd met ‘n stomp stert.

Naby Groenmannetjie se huis het ‘n erdvark ‘n baie diep gat gegrawe.  Die gat kon skuiling bied aan diere wat hul kleintjies in gate grootmaak.  Flitsblits, die jagluiperd het in die gat gewoon terwyl sy haar drie kleintjies, Hink, Pink en Knor daarin versorg het.  Om vir drie honger kleintjies kos aan te dra was ‘n taak vir meer as een jagluiperd.  Die ergste was dat een van die kleintjies ‘n baie snaakse geaardheid gehad het. Knor was gedurig besig om die ander twee af te knou en te terg.  Sy streke kon soms lasting wees vir ander diere.  Flitsblits het baie met hom geraas, maar ongehoorsaam het hy gebly.

Die arme ou Harmansdrup, die skilpad, moes dikwels onder Knor se streke deurloop.  Sodra hy sy kop onder die dop uitsteek, gryp Knor dit vas en sleep dit oor die sand rond.  Om te probeer weghardloop, was nutteloos want Knor was een van die vinnigste diere en Harmansdrup, een van die stadigstes.

Eendag nooi Groenmannetjie vir Harmansdrup om vir hom te kom kuier.  Dit was net die regte geleentheid om te kla oor die gedrag van Knor.  Harmansdrup wou nie meer op ‘n lang wandeling gaan nie, uit blote vrees dat hy weer deur Knor lasting geval sal word.

‘n Vriend van Groenmannetjie, Tawwetienie die Ratel, behoort te weet hoe om van so ‘n laspos ontslae te raak. Tawwetiene se plan word toe baie fyn uitgewerk.  Hy en Harmansdrup soek ‘n sanderige plek uit.  Harmansdrup word met rug in ‘n holte in die sand neergele. Hy steek sy pote aanhoudend uit en swaai daarmee rond asof hy probeer om weer op sy pote te rol, maar dit nie kan regkry nie.

Naby die plek waar Harmansdrup met sy swaaiende pote le, het Tawwetienie ‘n groot, swaar ronde klip gerol.  Hy kruip agter die klip weg sodat dit lyk of Harmansdrup alleen en hulpeloos daar le.  Nadat die twee vriende vir ‘n tyd lank geduldig gewag het, merk hulle dat Knor aangestap kom.  Knor merk sy ou vriend in die ongemaklike posisie en stap nader.  Eers bejammer hy vir Harmansdrup en vra onnodige vrae net om snaaks te wees.  Harnansdrup smeek om hulp maar hy weet goed dat hy geen hulp van Knor kan verwag nie, hy sal eerder van die wal in die sloot gehelp word.

Knor ruk en pluk aan Harmansdrup en maak of hy hom wil omrol, maar telkens druk hy so hard as hy kan op die dop van Harmansdrup om hom nog dieper in die sand te laat vassit.  Skielik hou hy op om hulp te gaan soek maar op Harmansdrup se versoek stem hy toe om nog een keer te probeer.  Hy maak of hy al sy krag inspan om Harmansdrup om te rol.  Sy lang stert le mooi reguit in die sand. Met een stoot rol Tawwetienie die klip mooi bo-op Knor se stert. Harmansdrup rol self om en daar staan hy en Tawwetienie en lag vir Knor wat al sy kragte inspan, maar hy kan die klip op sy stert nie eers effens roer nie.  Tawwetienie en Harmansdrup maak nou of hulle die klip van Knor se stert wil afrol, maar is kastig te swak om dit te doen.  Hulle sal nou maar moet gaan hulp soek en dit nogal by Groenmannetjie.

Knor is baie bang vir Groenmannetjie en smeek dat hulle liewer iemand anders moet kry om die klip van sy stert aft e kry.

Selfvoldaan stap die twee maats baie tydsaam in die rigting van Groenmannetjie se huis.  Hulle is nie haastig nie, want die son moet eers vir Knor goed warm bak voordat hulle hom gaan bevry.  ‘n Miernes naby die plek waar Knor se stert vassit onder die klip skep nou vir hom ‘n groot probleem.  Die miere word kwaad omdat hul nes so verniel word deur Knor wat woes tekere gaan om los te kom.  Klein stukkies vel word van Knor se stert losgeskeur deur die woedende diere.  Die bloed loop uit die wond, maar die miere byt en knaag sonder ophou terwyl Knor jammerlik roep om hulp.

Knor kan die pyn in sy stert nie meer verduur nie en begin om om en om te rol om sodoende sy stert onder die klip te porbeer uitdraai. Sy stert draai nie onder die klip nie want die klip is te swaar maar waar die miere byt, draai sy stert wel. As hy so aanhou met omrol gaan sy stert  morsaf draai.  Net voordat sy stert die breekpunt bereik, kom Groenmannetjie en sy twee vriende daar aan.  Knor is baie skaam omdat hy in so ‘n vernederende posisie verkeer dat hy skoon spraakloos is, hy vra nie eers dat die klip weggerol word nie.

Tawwetienie rol die klip weg en daar staan Knor uitgeput en baie verlee met ‘n stert wat nog net aan ‘n stukkie sening hang.  Dit is baie duidelik dat Knor sy stert vir goed verloor het.  Groenmannetjie wou die stert sommer net daar met sy knipmes afsny, maar Knor pleit mooi dat hy dit nie moet doen nie.  Bleek en uitgeput kom Knor by Flitsblits, Hink en Pink aan en hartseer vertel hy sy treurige verhaal.  Sy stert word versigtig verbind, maar die kans op herstel is maar skraal.

Na verloop van ‘n week het die stert letterlik afgevrot.  Sulke afsterte groei nooit weer langer nie.  Vir die res van hulle saamwees, sal Hink en Pink met hom die spot dryf wanneer die twee met hulle mooi lang sterte voor hom pronk.  Flitsblits se kommentaar was kort en bondig, dit betaal nie om stout en ongehoorsaam te wees nie.

Toe die somer aanbreek moes al drie die jong luiperds elkeen sy eie koers kies.  Dit was die begin van ‘n baie moeilike tyd vir Knor.  Om met ‘n stomp stert te jag is baie moeilik want die stert word gebruik as ‘n soort stuur.  Om skerp draaie verloorl Knor elke keer sy balans en verloor hy spoed omdat sy remme en stuur met die stompie nie so doeltreffend werk nie.

Noodgedwonge moes Knor vining vir hom ‘n maat soek sodat hulle saam kon jag, hy het die aankeerwerk gedoen en sy maat die vangwerk.  Die lewe het darem weer sy blinkkant na Knor gedraai, maar een les het hy baie deeglik geleer, om stout en ongehoorsaam te wees en om dinge met opset verkeerd te doen, is alles die kool die sous nie werd nie.  Vir sy lewe lank sl hy nou die bynaam van Stompie moet aanhoor.  Hy is tevrede dat hy sy les op die harde manier geleer het maar die goeie nuus is darem dat sy maat drie kleintjies gekry het en nie een van die drie het ‘n stomp stert nie.

Leave a Reply